Ons vier 15 jaar van Straataansig
Straataansig het in 2007 begin as ’n vergesogte idee om ’n kaart van die wêreld in 360 grade te skep. Sedertdien het ons saam meer as 220 miljard prente en meer as 16 miljoen kilometer in 100 lande en gebiede vasgevang.
As deel daarvan het jy die ruimte, die oseane en die ontsagwekkende plekke tussenin verken – en jy kon altyd jou pad terug huis toe kry.
Verken ikoniese Straataansig-liggings
-
Dryf saam met ’n ysfjord in Groenland
-
Klim Yosemite se El Capitan uit saam met ’n professionele rotsklimmer
-
Geniet Parys se pragtige silhoeët op die Eiffeltoring
-
Bewonder die majestueuse Groot Sjeik Zayed-moskee
-
Ontmoet die wêreld se enigste papegaai wat nie kan vlieg nie in Nieu-Seeland
-
Verken die antieke tempels van Machu Picchu
Wat is nuut in Straataansig?
Stel nou bekend: Reis deur tyd
Jy kan nou sien hoe plekke met verloop van tyd verander het met Straataansig se historiese prente in die Google Maps-program.
Laai die Google Maps-program af
Ons 15 gunstelinguitsigte
Van ’n Mongoolse ysfees tot die drywende huise van die Titicaca-meer – bewonder sommige van die mees asemrowende skouspele wat ons planeet bied.