Laat Straataansig-stories jou inspireer

Prent: Zanzibar

Zanzibar

Kyk hoe Straataansig se groep Trusted-fotograwe “World Travel in 360 (WT360)” gesels oor Projek Zanzibar – hulle gesamentlike inisiatief met die regering van Tanzanië om Zanzibar te karteer. Federico Debetto, Nickolay Omelchenko en Chris du Plessis het na Tanzanië gereis om die aanvoorwerk te doen vir die kartering van die eilandgroep, om plaaslike inwoners oor Straataansig-fotografie in te lig en om 'n volhoubare model te ontwikkel sodat die gemeenskap op hulle eie met die projek kan voortgaan.

Prent: Mianmar

Mianmar

Verken Mianmar met hierdie video wat die uitsonderlike werk van fotograaf Nyi Lynn Seck en sy kollegas van 3XVIVR Productions uitbeeld. 3XVIVR het baie tyd en moeite aan hulle spesiale projek gewy om Mianmar deur middel van Straataansig te digitaliseer en die land se kulturele erfenis in 360° te bewaar.

Prent van Zimbabwe

Zimbabwe

Kyk hoe Tawanda Kanhema sy storie vertel oor die kartering van Zimbabwe met Straataansig. Tawanda het teruggegaan na sy land van herkoms, Zimbabwe, met die doel om Straataansig-prente van Harare, die hoofstad, en die Victoriawaterval, 'n internasionale toeristebestemming, op Google Maps te plaas. Hy het onlangs sy projek uitgebrei om ook ander belangrike plekke in Zimbabwe in te sluit.

Prent: Kenia

Kenia

Ontmoet party van die Local Guides en Straataansig Trusted-fotograwe wat Kenia karteer. Hulle behoefte om die wêreld te help om Kenia se uitsonderlike natuurskoon te ervaar, het hulle direk by Straataansig uitgebring as die topnutsmiddel om hierdie doel te bereik.

Prent: Armenië

Armenië

Luister na Joe Hacobian, een van die stigters van Armenia360 – 'n niewinsorganisasie. Joe het in Londen by 2019 se Straataansig-konferensie gepraat oor sy span se reis om die antieke wêreld van sy voorgeslagte te karteer. Dit is 'n storie oor hoe enigiemand bemagtig kan word om die plekke wat vir hulle saak maak met Straataansig te karteer.

Prent van Bermuda

Bermuda

Vind uit hoe die Bermuda-toerismeowerheid, 'n bestemmingbemarkingorganisasie, vir Miles Partnership, 'n Straataansig Trusted-agentskap, aangestel het om Straataansig-prente te versamel. Miles Partnership het die Bermuda-toerismeowerheid gehelp om hul aanlyn teenwoordigheid op Google Maps te optimaliseer en die ontdekking van plaaslike besighede 'n hupstoot te gee, terwyl hulle ook toeriste help om Bermuda virtueel te verken wanneer hulle 'n reis beplan (of daaroor dagdroom!).

Prent van Tonga

Tonga

Grid Pacific se stigters, Tania Wolfgramm en Wikuki Kingi, dokumenteer hulle karteringreis in Tonga. Hulle het 'n ambisieuse plan van stapel gestuur om die hele eilandgroep te karteer en dit by Straataansig te voeg ten einde die kultuur van Tonga en ander Stille Oseaan-eilande te bevorder. Kyk hier na hulle fassinerende storie.